top of page

My naam is Cirene Martinson en my ouboet Pieter Prinsloo het hulp nodig om ‘n geldjie bymekaar te maak vir prosthesis. Pieter is nou al vir min of meer 20 jaar 'n diabeet, hy is 52, en getroud, met 2 seuns waarvan een 23 jaar oud is en die ander een 28.  Ons woon in Swakopmund, en hy en sy gesin het tot April maand in Oshakati gewoon. Ek dink hy het sy werk verloor so in Februarie rond, en die stress was baie hoog. Hy het 'n vriend van hom gaan help met een of ander projek en tydens die werkery het daar klippies en dorings tussen sy voete en skoene in gegaan a.g.v die feit dat sy voete so swel was van die suiker en hy glad nie meer toe skoene kon dra nie. Toe hy by die huis kom het sy voete sleg gelyk van die blase en sere, en hulle kon net nie die voete gesond kry nie.

 

Hy het eventueel by ‘n dr. uitkom maar daar was al reeds gangerene in die een toontjie en die dr. het gese hy sal hospitaal toe moet gaan om die toontjie te laat verwyder. Omdat hy nie werk gehad het nie het hulle ook geen mediese fonds meer gehad nie en sy vrou moes hom by die staats hospitaal inboek.

Hy het al die maandag oggend in "n koma begin gaan. Toe ons die Maandag oggend by hom kom het hy uitgebrand van koors. Hulle het hom dadelik Swakop toe verplaas na die privaat hospitaal toe. Ons het hom daardie nag hier in Cottage Hospitaal kom inboek. Toe ons hier kom het daai gangerene albei voete vol versprei, en infeksie in bene in. Dr. het ons vlg. oggend ingelig dat hulle albei bene moet amputeer, maar dit moes 2 operasies wees. Eerste operasie is Dinsdag 25 April gedoen, toe het hulle linker been bokant enkel geamputeer en regter been onder knie. 2de Operasie is Sondag, 30 April gedoen, toe is linker been in die middel van kuit geamputeer en regter been bokant knie. Daarna is daar nog 3 operasies gedoen, waarvan die laaste een ‘n vel oorplanting was.  Altesaam 5 operasies in een maand. 

 

Hy’s ‘n sterk man en sy familie ondersteun hom geweldig, maar dis ‘n groot skok om so ewe skielik jou ledemate te verloor.  Nadat die dr. vir ons die slegte nuus gegee het dat hy albei bene moet amputeer was dit vir hom en ook vir ons, sy familie ‘n groot ding om te verwerk. Ek en my man betaal vir al sy mediese onkostes, ons het ook nou vir hom en sy gesin 'n huis hier by ons op die plot laat bou omdat hy die familie se ondersteuning nou so nodig het.

 

Sy vrou het darm nou ‘n halfdag pos gekry, albei sy seuns sukkel nog om werk te kry. Verder ondersteun ons hulle finansieel. Daar is vir hom ‘n fonds gestig in Oshakati deur friende wat ook bydraes wou lewer, waaruit daar darm vir hom o.a. ‘n rystoel gekoop is. Sy groot begeerte is om net weer te kan loop maar die fondse is onvoldoende. Ons het 'n kwotasie gekry gekry vir sy prosthesis, waarvoor ons op hierdie stadium op die Here vertrou.

Indien jy graag Pieter se droom 'n werklikheid wil maak en hier 'n finansieele bydrae wil lewer, skakel vir Cirene Martinson by 0814520249 of vir Pieter Prinsloo by 0812788944.

Meer oor Pieter Prinsloo

God is ons Toevlug

bottom of page