top of page

BRING HOOP

Meer oor Gert Engelbrecht

 

Gert Engelbrecht, het 'n rugoperasie op 18 Maart 2016 in 'n Mediclinic in Durbanville gehad. Dit was die 7de rugoperasie en hierdie keer was dit 'n sukses, maar op 8 April is hy in intensief opgeem as gevolg van infeksie. Die longe het plat geval, die hart het 4 keer gaan staan en hy is nou verlam. Hy kan net sy kop draai.  Hy is op 31 Augustus oorgeplaas na Windhoek se Lady Pohamba hospitaal se intensiewe eenheid.

 

Die Bankmed mediese skema waaraan Gert se vrou Ina behoort het N$ 2 miljoen se onkostes gedek maar Bankmed was so tegemoetkomend dat hulle tot by N$ 3 miljoen se onkostes betaal het. Daar is egter nog N$ 1.5 miljoen se rekeninge uitstaande en die bedrag word daagliks groter met 10 duisend dollar vir die intensiewe sorg. As gevolg van die baie operasies tot dusver is Gert se pensioen- en spaargeld al uitgeput. Ina se ma en ek het al N$ 150 duisend uit ons eie sakke betaal net om die daaglikse holspitaalfooie te betaal, maar die uitstaande rekeninge van N$ 1.5 miljoen staan nog.

 

Flip Nortje, die Streeksbestuurder van die Suide se FNB banke, is gesetel in Mariental se FNB bank en ken vir Ina en Gert. Ina het 19 jaar in die Marientaltak gewerk en Flip wil hulle finansieel bystaan deur 'n hulpfonds te stig en funksies te reël in Mariental om geld in te samel. Flip Nortje het gisteraand by ons huis 'n onderhoud met Trish gevoer van so 3 minute wat ons graag vir 'n maand wil laat uitsaai oor Kanaal 7, ten minste een keer in elkeen van die 3 uitsaaislotte. Ek sal vanaf 1 Februarie 2017 'n jaarlange reeks oor 'opvoedingaspekte in die huis, skool en op tersiêre vlak' een keer per week aanbied oor Kanaal 7 en wonder of ek nie daardie bydrae gratis kan aanbied vir gratis lugtyd om die FNB se mediese hulpfonds bekend te stel nie. Flip sal self ook 'n brief aan julle skryf in hierdie verband om die saak amptelik te bevestig vir julle raad.

 

Vir meer inligting skakel vir Frikkie Engelbrecht by (061) 232 387 of 081 329 1317

 

 

 

 

 

bottom of page