top of page

HY HET JOU HULP NODIG

Meer oor David van Zyl

Dawid (45jr) het ‘n galblaasoperasie gehad verlede jaar, toe het die dokters ontdek hy het lewer probleme.

Gedurende April het hy ‘n spesialis in die Kaap gaan sien wie hom gesê het hy moet so spoedig moontlik ‘n lewer oorplanting ondergaan.

Hier het die soektog begin; hy is gebore in Walvisbaai maar het geen ou dokumente meer.

Met nuwe wetgewing om in Suid-Afrika op die lys te kom moes hy ‘n Suid Afrikaanse burger word.

Alhoewel ons op hoëvlak als probeer het was dit tervergeefs – dit is ‘n 2 jaar proses.

Ons het probeer vir ‘n operasie in Suid-Afrika – sy siekefonds betaal sy koste maar die skenker se koste belooop +- N$1,5Miljoen

Met ons soektog het ons in Indië beland waar ons die beste dokters in die wêreld gekry het en alle koste vir beide beloop +- N$800.000.00,

maar sy siekefonds weier om buite Suid-Afrika te betaal.

Ons wil ook ‘n ring wat ‘n erfstuk is en +- 60jaar oud is uitloof by MTC  as ‘n prys vir fondsinsameling, om aan te bied vir oproepe van N$3.00

Ons bid soos Elia en glo in ‘n wonderwerk.

Die fonds se naam is:

DJ van Zyl Medical Account,

First National Bank Grootfontein,

Tak kode 280173

Rekening no: 62259407594

Twee baie betroubare buitestaanders beheer die fonds.

Indien enige gelde oorbly sal dit oorgedra word aan ‘n volgende pasiënt wat in soortgelyke omstandighede beland en nie fondse het nie.

Ons wil net baie dankie sê aan die wat alreeds ‘n bydrae gemaak het.

Ons vra ook die ganse Namibiese bevolking om saam met ons te bid.

Baie baie dankie.

Frans van Zyl

bottom of page