top of page

Brenda Theron van Keetmanshoop bevind haarself in ‘n groot krisis. 

 

Sy is 72 jaar oud en ‘n staatspasient.  Sy het dus geen mediese versekering nie, maar moes noodgedwonge ‘n baie delikate operasie ondergaan wat nie in ‘n staatshospitaal gedoen kon word nie. 

 

Sy het al jare ‘n probleem met haar sluk en maagklep en kon op ‘n stadium geen kos inneem nie en het van

10 Oktober 2017 tot 21 November 2017 (toe die operasie gedoen is) slegs vloeistowwe ingeneem en geen vaste kos meer geeet nie.  Sy het wel haar geldjies gespaar en kon die operasie en alle kostes dek van die aanvanklike operasie, maar ongelukkig het daar fout gegaan met die operasie en was haar lewe in gevaar nadat sy longontsteking gekry het en septisemia.  Sy moes intussen nog operasies ondergaan om al die foute reg te maak. 

 

Brenda het 11 weke in die hospitaal in Windhoek deurgebring (wat aanvanklik net 3 dae sou wees). Die kostes beloop nou al veel meer as wat hulle voor gespaar het.  Haar familie en vriende is die Here baie dankbaar dat Hy haar lewe gespaar het.

 

Sy het bykans 30 kg verloor nadat sy maande slegs op buisvoeding oorleef het. Sy is ‘n dinamiese en sterk vrou en was regtig vir elkeen wat haar ken, ‘n ongelooflik inspirasie.

 

Sy is ‘n Godvresende vrou en het soveel mense en veral die hospitaalpersoneel se lewens verryk met haar geloof en blymoedigheid. Brenda is vandag finaal ontslaan nadat ‘n laaste operasie gedoen is en nou lê die pad van herstel voor en natuurlik moet alle rekenings nou ook betaal word.

Brenda se familie doen 'n beroep op die publiek om hulle ma finansieel te ondersteun met die uitstaande mediese kostes.

Indien jy graag hier 'n verskil wil maak kontak vir Malinda du Plessis by 081 683 8309 of stuur 'n epos na malindadup@iway.na.

Meer oor Brenda Theron

Geloof, Hoop, Liefde

bottom of page