top of page

Iemand het vandag jou hulp nodig

Maak vandag 'n verskil

Die doel van hierdie blad “Die Samaritaan” is om die opdrag van Jesus aan die wetsgeleerde wat hom probeer vasvra het uit te voer.

 

Deur die radio en ander sosiale media het ons die geleentheid om ʼn baie spesifieke boodskap by ons luisteraars en lesers uit te kry en hulle die geleentheid onder die leiding van die Heilige Gees te gee om betrokke te raak in mense se lewens.

 

Die blad “Die Samaritaan”  lê binne Kanaal 7 se webblad en kan bykans onbeperk gebruik word om behoeftes te stel en te getuig van uitkoms wat ontvang is.

Indien jy 'n donasie wil maak, kan jy direk in kontak kom met die persoon se hulp fonds vir meer inligting ​

Indien jy meer betrokke wil raak by hierdie projek kan jy vir Juanita Birch skakel by (061) 420 850 vir meer inligting

Luk 10:27 

En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

Vir enige gebeds versoeke of mediese hulp gevra kan jy ‘n e-pos stuur na juanita@k7.com.na en ons plaas jou versoek hieronder op ons blad. Alle mediese hulp gevra moet deur ‘n trust hanteer word.

bottom of page